CrimeEditor's choiceNews

Egpaar aangerand, beroof

Drie gewapende verdagtes het Saterdagoggend toegeslaan op 'n huis in King Edwardrylaan en die inwoners aangerand en beroof.

Luidens Marius Jacobs van Northern Sekuriteit, het hy ‘n oproep ontvang van die slagoffers.

Drie gewapende rowers het hulle beroof van geld en besittings.

Volgens Jacobs is die man se oor met ‘n tang in twee geskeur en sy vrou is hard in die gesig geslaan. Hulle is deur ER24 na MediClinic Tzaneen geneem. Hulle is dieselfde dag nog ontslaan.

Daar is ook ingebreek by ‘n stoorkamer op die Martin Dale saailinge pad waar elektriese gereedskap gebuit is.

‘n Boorgat pomp is gesteel op Doornhoekplaas.

Northern Sekuriteit het ook reageer op van hulle kliƫnte wat vedagte persone in hulle erf gewaar het in Hamawasha.

Jacobs maan persone om nie waardevolle items in motors te los waneer hulle in die dorp is nie.

Hy bedank graag Andre, Aubrey en ook vir Belinda en John van Northern Sekuriteit.

Hy bedank ook die direkteur van Northern Sekuriteit Louis Naude wat hulle bygestaan het tydens die voorvalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button