Editor's choiceLocal newsNews

OPVOLG: ‘Monty’ die slang is veilig

“Monty” is veilig!

Vrydag5 Junie 12:40
Die slang wat Donderdag nuus gemaak het nadat sy in ‘n Maponya 911 ambulans ingeseil het, is in veilige aahouding by Zian van den Berg in Phalaborwa.
Die slang het slegs geringe krapplekke en velbeserings opgedoen.
Sy wys ook geringe tekens van dehidrasie.
Die slang van 4,2 meter en 31,6kg word tydelik aangehou en sal vrygelaat word sodra die ergste koue verby is in ‘n area wat vir haar veilig sal wees, waarskynlik teen einde Augustus.
Ten tye van die oorplasing in die aanhoudingsarea het die slang dadelik in die waterbak ingeseil, vermoedelik omdat luislange veilig voel in water.
Van den Berg het gesê: “Hierdie was die langste wat dit my nog geneem het om ‘n slang te vang, maar my prioriteit is die slang se veiligheid”.
Die slang was vanaf 08:00 die oggend tot omstreeks 23:00 die aand in die ambulans.
Die slang het dadelik in die waterbak ingeseil.
Die slang het dadelik in die waterbak ingeseil.
Van den Berg hanteer reeds vir 10 jaar lank slange en is vir die afgelope jaar voorsitter van die Phalaborwa Herpetologiese Vereniging.
“Dit is ‘n passie vir my en ek doen dit alles op eie onkoste” het hy gesê.
Donderdag 4 Junie-15:30
‘n Luislang van ongeveer 4 meter het Donderdagoggend in die onderstel van ‘n ambulans Maponya 911 ingeseil en hom tuisgemaak om die enjin en ratkas.
Phalaborwa CPF het vroeg die oggend ‘n oproep ontvang van stappers wat met hul honde in die veld langs die lughawe gaan stap het.
 Dit was nie duidelik of iemand beseer is nie en ‘n ambulans is ontbied.
“Niemand was beseer nie, maar toe ek hier aankom, het die luislang die abulans geteiken en die volgende oomblik het die sekuriteit my laat weet dat die slang in die ambulans is,” het Jaco Gericke gesê.
Zian van den Berg probeer die slang uit die ambulans kry.
Zian van den Berg probeer die slang uit die ambulans kry.
Gericke het bygevoeg dat hulle nie die slang wou seermaak nie en het by dr Gerhard Scheepers, ‘n plaaslike veearts verdoofmiddel gekry om die slang rustig te maak sodat dit verwyder kon word.
Noodwerkers het meer as ‘n uur lank gespook om die slang te bevry, maar die slang was te verstrengel in die voertuig om veilig uitgehaal te word.
Zian van den Berg van die slangpark het voorgestel dat die ambulans net so gelaat moet word, selfs oornag, sodat die slang homself kan bevry om sodoende verdere besering te verhoed.
 “Sodra die slang los is, sal ek hom in kwarantyn plaas en monitor om vas te stel of hy enige beserings het,” het van den Berg gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button