Editor's choiceLocal newsNews

Veldgidse voltooi kursus suksesvol

STUDENTE wat die Bushwise veldgidsopleidingskursusse voltooi het by die kampusse naby Hoedspruit en Phalaborwa, het deurlopend die afgelope sewe jaar van die beste resultate in die land behaal.

In die pas-afgelope Vlak 1 veldgids opleidingskursus (FGASA –geakkrediteer) het ‘n groep van 29 kandidate dit weer gedoen en ‘n gemiddelde slaagpunt van 90.76% behaal.

Sedert 2012 het Bushwise die hoogste nasionale gemiddelde resultate van al die geakkreditterde opleidingsverskaffers in die land vir die ses maande kursusse en langer behaal.

Charles Delport, hoof-opleidingsbeampte van Bushwise sê oor ‘n tydperk van ses jaar van 2007 tot 2012 het 94% van Bushwise studente hulle FGASA Vlak 1 eksamen geslaag.

“Dit is bemoedigend om te sien dat behalwe goeie resultate, talle van die studente werk kry by van die top safari-oorde in die land.”

“Inderdaad is dit so dat 95% van ons Suid-Afrikaanse studente permanente poste in die bedryf kry na hulle uitplasing.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button