Editor's choiceLocal newsNews

Hoedspruit ‘n Bloutrein stop

Hoedspruit is weer een van die bestemmings van die bekende Bloutrein.

En dit beteken ‘n groot ekonomiese inspuiting vir Hoedspruit se toerisme bedryf sowel as die ekonomie van die dorp.

Die Bloutrein is ‘n luukse treindiens wat deur Luxrail (‘n afdeling van Transnet Freight Rail) op die roetes tussen Pretoria en Kaapstad en tussen Kaapstad en Port Elizabeth aangebied word.

Spesiale treinreise na Durban en die Bakubung-wildkamp word eweneens aangebied.

Die Bloutrein is een van die weelderigste treine ter wêreld en word dikwels ‘n “vyfsterhotel op spore” of ‘n “paleis op spore” genoem waarin konings en presidente reeds gereis het.

Een van die sit vertrekke op die Bloutrein.
Een van die sit vertrekke op die Bloutrein.

Die Bloutreindiens het sy oorsprong in die Union Express- en Union Limited-treindienste wat vanaf die 1920’s Pretoria en Johannesburg met Kaapstad verbind het.

Die trein se naam is afgelei van die asuurblou Protea-restaurantwa wat in 1933 in bedryf gestel is.

Weens die gewildheid van die kleurontwerp is vanaf 1936 alle Union Express- en Union Limited-treinstelle blou geverf.

Hulle het vinnig die bynaam Bloutrein gekry, en ná ‘n onderbreking gedurende die Tweede Wêreldoorlog is die treindiens vanaf 1946, toe dit hervat is, ook amptelik só genoem.

Voor 2002 het die Bloutrein op vier verskillende roetes gery: Die hoofroete tussen Pretoria (via Johannesburg) na Kaapstad, die skilderagtige “Tuinroete” vanaf Kaapstad na Port Elizabeth, die roete na Hoedspruit langs die westelike kant van die Nasionale Krugerwildtuin, en die roete na die Victoria-waterval in Zimbabwe. Dienste op die twee laasgenoemde roetes is gestaak.

Na die Hoedspruitroete was daar verminderde vraag, terwyl tariewe vir toegang tot Zimbabwe se spoorwegnetwerk weens dié land se ekonomiese moeilikhede nie meer voorspelbaar was nie.

Een van die luukse kamers op die trein.
Een van die luukse kamers op die trein.

Luidens Claire Roadley van die Blou Trein is hulle trots om aan te kondig dat die trein in 2016 sy reise na Hoedspruit hervat.

Een in Julie en een in Augustus wat vir gaste die keuse sal bied van vier asemrowende-19 eenrigting uur reise.

Die nuwe vertekke van die Bloutrein bied fantastiese nuwe trein safari pakette aan na al die wildreservate en privaat Safari lodges in die Kruger wildtuin sowel as die Sabi Sands omgewing.

Die trein sal vanaf Pretoria na Hoedspruit vertrek op Vrydag 8 Julie an weer op 12 Augustus 2016.

Die trein sal om 15:00 vetrek en om 10:00 die volgende oggend in Hoedspruit arriveer.

Dit is mos nou weelde en luuksheid.
Dit is mos nou weelde en luuksheid.

Dit sal dan ook weer op 9 Julie en Saterdag 13 Augustus terug vertrek na Pretoria, indien gaste na hulle wildreservaat besoeke wil terug keer met die trein.

Die eenrigting reise duur sowat 19 uur waar die gewone reise tussen Kaapstad en Pretoria sowat 27 uur duur en is sowat R5799 goedkoper per persoon.

Die Bloutrein is die venster na die siel van Afrika, en Hoedspruit staan gereed om die rooi tapyt vir die vyster ‘hotel-op-wiele’ en sy gaste uit te rol en te verwelkom in ons dorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button