Local newsNews

Tzaneen word gevra om harte, beursies oop te maak

JANINE Engelbrecht Radue is op 19 Februarie 2015 gediagnoseer met Limfoon kanker.

Janine wat by Letaba Pakkers werksaam was is sedert Januarie 2015 nie in staat om werk toe te gaan nie.

Sy ontvang sederdien chemoterpie asook bestraling. Onvoorsiene komplikasies het veroorsaak dat Janine eers elke week moes bloedoortappings kry.

Die afgelope 3 weke het sy reeds 5 bloed oortappings gehad. Die mediese fonds wat hule tans het, het uitsluitings en daarom was hulle self verantwoordelik vir doktors,skanderings, chemo, ens.

Janine woon al jare in Tzaneen en die gemeenskap word gevra om hulle harte en beursies oop te maak om haar finansiële las te verlig. Elke R1 – tot onbeperkte bedrae is welkom.

Daar is ‘n trust fonds gestig waar daar geld inbetaal kan word.

Die trust fonds se inligting is: Absa Tzaneen Thomas & Swanepoel Trust rekening: 103 5910 456, takkode: 334349, verwysing: E472.

Janine en haar familie bedank elkeen vir besoeke, smse en bloed skenkings tydens hierdie tyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button