CrimeLocal newsNews

Opvolg: Drank betrokke by vangwa in rivier?

'n SAPD voertuig het verlede Vrydag omstreeks 18:00 in die rivier op Letaba Landgoed beland.

Volgens persone wat daar naby werk (maar graag anoniem wil bly,) het die voertuig met loeiende sirenes ingejaag. Die bestuurder het blykbaar beheer oor die voertuig verloor.

Buiten die bestuurder, was daar drie ander mense binne die voertuig gewees.

Die twee mense agter in die voertuig moes deur ander gered word.

Sonco Insleepdienste van Tzaneen het drie ure gesukkel om die voertuig uit die water te sleep na dit by Letaba Landgoed in die rivier beland het.
Sonco Insleepdienste van Tzaneen het drie ure gesukkel om die voertuig uit die water te sleep na dit by Letaba Landgoed in die rivier beland het.

Niemand is ernstig in die ongeluk beseer nie. Volgens Kol Ronel Otto, Provinsiale woordvoer van die SAPD, was dit lede van Ritavi se polisiestasie, wat op pad terug was van Malamulele af, waar hulle gevangenes gaan aflaai het.

“Ons is reeds besig met ‘n interne ondersoek en hoewel ek kan bevestig dat daar bloed by die bestuurder getrek is, kan ek myself nie verder uitlaat voor die ondersoek nie meer gevorder het nie,” het Kol Otto gesĂȘ.

Volgens ‘n naamlose bron in die SAPD was drank beslis by die voorval betrokke en is daar reeds ‘n saak van dronk- en nalatigebestuur teen die bestuurder van die voertuig aanhangig gemaak.

Hierdie voorval gee 'n heel ander betekenis aan die term waterskade.
Hierdie voorval gee ‘n heel ander betekenis aan die term waterskade.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button