CrimeEditor's choiceNews

NUUSFLITS: Arrogante rowers slaan weer toe

Dieselfde twee, rowers wat verelde Sondagaand ingebreek het by 'n plaas tussen Letsitele en Tzaneen het Vrydagmiddag weer toegeslaan.

Volgens Marius Jacobs, van Northern Sekuriteit het hulle weer op die plaas by die huis ingebreek.

Daar word op die stadium vermoed dat dit dieselfde twee rowers was, sê Jacobs.

LETABA HERALD het verlede week berig van die flinke optrede van die dapper Sumarie Lombard (18) wat die aanval gefnuik het.

Sumarie en haar ma, Desire was Vrydagmiddag oppad om die huis te verlaat toe hulle die rowers, wat reeds in die huis was gewaar, luidens Jacobs

Hulle het ontsnap deur ‘n oop venster.

Jacobs is onmiddelik geskakel.

Daar is skote op die werkers gevuur wat hulle agterna gesit het.

Patrone, ‘n baadjie, mussie en handskoene is in die bos gevind.

Na ‘n soektog is een ‘verdagte’ aangekeer en inhegtenis geneem.

Jacobs het aan die LETABA HERALD gesê dat daar groot samewerking was tussen Northern Sekuriteit, Letaba Sekuriteit, SAP die ‘Cluster Task Team. Die stasiebevelvoerder was ook op die toneel.

Jacobs het Maandagoggend aan LETABA HERALD gesê, dat die een verdagte intussen vrygelaat is.

Hans Lombard, Sumari se pa het hom uitgeken as een van sy plaaswerkers. Daar word nou gewag vir die vingerafdrukke wat op die toneel geneem is.

Die ander verdagte is steeds op vrye voet.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button