Local newsNews

SA dokkie wen in Amerika

Die Suid-Afrikaanse dokumentêre film, Miners shot down, het gisteraand by die Emmy Toekennings in New York met die toekenning vir beste Dokumentêre film weggestap.

Regiseur Rehad Desai se film handel oor die slagting onder stakende mynwerkers wat in 16 August 2012 by Marikana plaasgevind het.

Die film, wat by 76 filmfeeste in 38 lande vertoon is en tot op hede 19 toekennings verower het, kon nog glad nie op Suid-Afrikaanse TV gesien word nie.

Nasionale uitsaaier, die SABC, weier om die dokumentêr uit te saai.

“We are continuously humbled by the way the film is being appreciated by audiences all over the world. It shows how deeply disturbed people are about what happened at Marikana on . It is now three years on and the commission of inquiry came to close a year ago. We await a fair and just outcome for the victims,” het Desai gesê.

Tot dusver kon die SABC geen werklike rede verskaf vir hul weiering om die film plaaslik uit te saai nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button