Editor's choiceLocal newsNews

Tzaneen se water op pad na Vrystaat

Tzaneen se inwoners het reeds 120.5 liter water geskenk vir die droogte geteisterde Vrystaat.

Al is dit nog net ‘n druppel in die emmer, bly ‘n druppel in die emmer darem ‘n druppel in die emmer maar mens moet iewers begin.

Die droogte het die Vrystaat in ‘n wurg greep en water is nou noodsaaklik vir die gemeenskappe daar.

Talle dorpe en stede het begin om water te versamel en Tzaneen is geen uitsondering nie.

Die gemeenskap word gevra om te help met nog water donasies .

Daar is reeds 241 x 500ml bottels geskenk.

Melissa Strydom en haar helpers het ‘n dubbel kajuit bakkie gekry wat op 14 Januarie na die Vrystaat ry om water saam te neem vir die droogte geteisterde gebiede.

Elke druppel sal help.

GeseĆ«lde bottels water kan by die Tzaneen Care Group se huis afgelaai word, weekliks van 08:00 tot 13:30 – vir na ure skakel Melissa gerus op: 078 621 7405.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button