CrimeEditor's choiceNews

Twee vermeende stropers aangekeer

Samewerking tussen lede van natuurbewaring en 'n boer, het volgens die Herald se bronne, gelei tot die arrestasie van twee stropers verlede week.

‘n Jong boer van die Letsitele omgewing, wat naamloos wil bly (sy identiteit is egter wel aan die Herald bekend), het twee weke gelede verskeie strikke op sy plaas ontdek.

Hy het die mense by Natuurbewaring gekontak en hulle het gaan ondersoek instel.

Volgens bronne het lede van Natuurbewaring in die bos by die strikke gaan waak en vir die vermeende stropers ‘n lokval gestel.

Twee mans is aangekeer en na hul woonplekke geneem waar beamptes op ‘n hoeveelheid bosvark vleis afgekom het. Volgens die anonieme boer is dit goeie nuus dat die soort kriminele aangekeer word, maar die lae boetes wat gewoonlik uitgedeel word doen weinig om hul af te skrik.

Hoewel mens besef hierdie soort stropery vind gewoonlik nie vir geldelike redes plaas nie, maar eerder om voedsel te bekom, is die wreedaardige manier waarop diere omkom genoegsame rede om hierdie stropery te beveg oral waar mens dit mag raakloop.

Na talle probeerslae was niemand by Natuurbewaring bereid om kommentaar te lewer op die voorval nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button