Luiperdjag vir nou verbied
Alle 2016 uitvoerpermitte vir luiperd trofeë is deur die Departement van omgewingsake gekanselleer.
Hierdie besluit beteken effektief dat die jag van luipers tans verbied word in Suid-Afrika.
Dit volg nadat die Departement bekend gemaak het het dat niemand ‘n benul het hoeveel luiperds daar tans in Suid-Afrika is nie.
Aangesien hul getalle nie bekend is nie, tesame met die feit dat luiperds baie menssku is en nie sommer gesien word nie, maak dit moeilik om te weet of hulle floreer of aan die uitsterf is. Die vermoede bestaan wel dat laasgenoemde die geval is.
Luiperds verkeer weens verskeid redes onder druk in die natuur.
Die meeste van hierdie probleme is egter moeilik om te bekamp of beheer, dus moet die Departement intree waar hul kan en trofeë jag is die logiese eerste plek om te begin.
In die moderne natuur word die luiperd se leef area al hoe meer deur menslike vooruitgang bedreig.
Tot op hede het Suid-Afrika onder die CITES regulasies die reg gehad om 150 luiperdjag permitte ‘n jaar uit te reik.
Die Departement van Omgewingsake het egter onder andere bevind dat die tempo waarteen luiperds voortplant baie laag is.
Ook dat dit onbekend is hoeveel luiperds elke jaar onwettig gejag word.
Slegs 5% tot 15% van luiperds se natuurlike habitat lê in gebiede wat streng bewaar word.
Weens die aard van hierdie gebiede is dit meestal veraf bebosde plekke wat bewaring sowel as polisieëring bemoeilik.
Die verbod sal vir die hele 2016 geld om die Departement kans te gee om nuwe stelsels in plek te kry om hierdie pragtige diere se getalle te monitor.
Na afloop van die jaar sal die Departement na hul bevindings kyk en weer besin oor die ophef van die verbod en uitreik van nuwe permitte.



