Editor's choiceLocal newsNews

NUUSFLITS: Tolhekke in en om Tzaneen in die vooruitsig

Inwoners van Tzaneen is warm onder die kraag nadat Limpopo se Department van Vervoer gister (Donderdag 31 Maart) aangekondig het dat die R71 roete vanaf Polokwane na Tzaneen, die R36 via Modjadjiskloof sowel as die Georgesvalley pad moontlik na tolroetes verander gaan word.

Die aankondiging kom nadat dit aan die lig gekom het dat daar nie in die provinsiale begroting, genoegsame fondse begroot is om die drie paaie instand te hou nie.

Die moontlikheid om dit dalk eerder ook na ‘n E-tol stelsel toe te verander, blyk in die stadium ook om as alternatief gebruik te word.

Die departement het met die afgelope paasnaweek ‘n proeflopie onderneem en aankomende verkeer op die N1 herlei deur die stad Polokwane, en die R71 roete se vier bane slegs vir verkeer oopgehou wat na die N1 oppad was na hulle verskeie bestemmings.

‘Die dapartement is baie gelukkig hoe die proeflopie afgeloop het, dit beteken meer verkeer deur Polokwane wat die stad ‘n ekonomiese inspuiting gee, deur toeriste wat by die verskillende restaurante wat Polokwane bied aan te doen in plaas van die petrol vulstasies en eetplekke op die N1,’ het ‘n woordvoerder aangedui in die persverklaring wat betroubaar in Letaba Herald se besit is.

Die voorgestelde tol hekke word soos volg beplan: Een tolhek met twee deurgange na die afrit na die R71 vanaf die N1 net voor Polokwane.

Een tolhek met twee deurgange vanaf die R71 net na Haenertsburg na die Georgesvalley pad met ‘n hoogte van 2meter.

(Dit sal verhoed dat trokke en busse die pad kan gebruik, volgens die persverklaring.)

Die derde tolhek vanaf Polokwane via Modjadjiskloof sal moontlik 2km buite die stad op die roete aangebring word.

Vanaf Tzaneen word die tolhek beplan net na die tweelingbrug aan beide kante.

‘Dit sal sorg vir ‘n uitsig indien daar ‘n ophoud is,’ luidens die verklaring.

Inwoners hoef egter nie bekommerd te wees wat die pad daagliks gebruik nie.

‘n Spesiale permit teen ‘n jaarlikse fooi van R150 gekoppel aan die petrol prys p/km wat die motoris daagliks gebruik sal van toepassing wees.

Dieselfde geld vir Polokwane en Modjadiskloof se inwoners.

Dit is onduidelik wat die tariewe gaan beloop. Maar volgens aanduidings, blyk dit om R20.16 te beloop om deur die tolhekke te gaan. Die tariewe sal jaarliks met 10% styg.
Alternatiewelik beplan hulle om eerder 3 SANRAL E-tol stelsels aan te rig. Een in die rigting van Tzaneen via Magoebaskloof, een via Modjadjiskloof en een net buitekkant Haenertsburg via Georgesvalley.

Die E-tol stelsel sal ook slegs ‘n hoogte bevat van slegs 2meter.

Dit sal busse en trokke dan noop om die R36 via Modjadjiskloof te gebruik.

Die hoogte van die stelsel sal 5meter wees.

Pad verbruikers sal slegs ‘n eenmalige rekening per jaar ontvang indien daar besluit word op die E-tol stelsel en sal rekeninge betaalbaar wees by die naaste munisipale lisensie kantoor, wat dan weer op hulle beurt die geld sal oorbetaal aan SANRAL.

Munisipaliteite sal dan ook, volgens die voorgestelde plan ‘n 25% kommisie verdien wat aftrekbaar is van die bedrag verskuldig aan SANRAL. Dit moet dan egter aangewend word vir die instandhouding van paaie in en om die genoemde dorpe.

‘Taxis en staats voertuie sal egter gevry-waar word om die beplande tol hekke en/of E-tol roetes gratis te gebuik,’ volgens die persverklaring.

Konstruksie behoort vroeg teen volgende jaar in aanvangs te neem sou die regering toe stem en die groenlig gee vir die provinsiale department.

Die ‘omstrede’ voorstel moet eers in die Staatskoerant ge-gazette word.

Waarna die publiek die voorstel kan teenstaan of goedkeur.

Die tender proses sal dan ook in werking tree.

‘Dit is absolute gekkigheid, wat nou nog? Kos en petrol pryse styg die hemel in. Ons word gemelk. Dit is net nie meer ‘n grap nie! ” het ‘n woedende inwoner aan die Herald gesê.
Die voorstel word vandag, 1 April ter tafel gelê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button