Bekende apteek vanoggend in Tzaneen beroof
'n Inbraak by Tzaneng Apteek het die eienaar, Liza Prinsloo, en haar werkers stom gelaat na verskeie sekuriteit toestelle ontduik is.
Die verdagtes moes deur twee sterk stelle diefwering breek.
Die sekuriteitstelsel is ontkoppel en af gesny.
Die alarm het nooit afgegaan nie.
Die kamerasisteem is heeltemal uitgehaal en gesteel.
Daar is parfuum, ‘n skootrekenaar en derduisende rande weg.
Niks van die medikasie blyk vermis te wees nie.
Die kluise is oop gesweis en dit blyk dat die verdagtes ‘n hele ruk besig was.
Dit is nie seker hoeveel verdagtes betrokke was nie.
Prinsloo sê sy is net dankbaar niemand was daar nie en dat hulle ongedeerd is.
“Dit wys jou net, as diewe wil in sal hulle in” sê Prinsloo.
Die diefstal het ‘n dag voor hulle moes bank gebeur.
Niemand is tot dusver inhegtenis geneem nie.



