Editor's choiceLocal newsNews

Amper in Tzaneen: Paul stap 7000km vir gestremdheid

7000km deur Suid Afrika. Een sleepwaentjie van 130kg en man alleen stap Paul Steyn vir persone met gestremdheid. En Dinsdag is hy in Tzaneen.

Paul Steyn (29) het verlede jaar op 3 Augustus  sy bewusmakings veldtog in Kaapsrad begin.

Steyn het sy regterbeen in ‘n ongeluk verloor op die ouderdom van 13.

Hy beoog om deur al nege provinsies in Suid-Afrika te loop om vir ander gestremdes wat ook hulle bene verloor het en wat prostese kort geld in te samel.

Steyn is tans by die ATKV Eiland.

Hy sal Sondag sy roete verder aanpak na Tzaneen waar hy Dinsdag, oa by Laerskool Tzaneen ‘n motiveerings praatjie sal lewer.

Paul saam Tannie Poppie Coetzer van die bekende Kokkedoor faam by die Eiland.
Paul saam Tannie Poppie Coetzer van die bekende Kokkedoor faam by die Eiland.

Letaba Herald het sy staptog na Tzaneen vanaf die Eiland bietjie ligter probeer maak en akkommodasie gereel waar hy sal oorbly.

Hy stap daagliks tussen 25km en 40km.

Hy sal Sondag oornag by The Junction, vanwaar hy sy roete verder sal aanpak en Maandag by Tzaneen Country Lodge oorbly. Dinsdag sal hy by Fairview tuisgaan en Woensdag sal hy sy veldtog verder aanpak in die rigting van Polokwane.

Hou Letaba Herald dop vir ‘n volledige onderhoud met Paul.

Paul Steyn.
Paul Steyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button