Local newsNews

MAGOEBASKLOOF: Trok raak pad byster

'As ek suikerwater by my gehad het, het ek dit vir hulle gegee, hulle was so geskok."

So vertel Yolandi Muller nadat ‘n trok vanoggend om omstreeks 07:30 op die Magoebaskloofpas die pad glo onverklaarbaar byster geraak het.

Volgens Muller, ‘n inwoner in Magoebaskloof het sy die trok die pas sien afry voor haar. Sy was oppad werk toe en om haar kinders skool toe te neem.

‘Dit was in die omgewing van Magoebaskloof Getaway. Ek het nog die een oomblik, vir my kind iets langs my gesê, toe ek weer sien, toe lê die trok op sy sy langs die pad op die pas.’ het sy aan Letaba Herald vertel.

Muller het dadelik by die ongelukstoneel stil gehou om te kyk of iemand beseer is.

“Niemand was beseer nie. Nog ‘n ooggetuie, ‘n onderwyser van Merensky, het gestop en gehelp om die bestuurder en sy passasier uit die kajuit uit te haal. Die twee was nie beseer nie maar jy kon sien hulle is geskok.’

Die geskokte trok bestuurder nadat hy uit die kajuit gehaal is.
Die geskokte trok bestuurder nadat hy uit die kajuit gehaal is.

Daar was rook en klein vonkies by die voorste wiele. wat omstanders met hulle mortors se nood branblussers geblus het.

Die verkeersbeamptes was vinnig op die toneel, luidens Muller.

Die bestuurder en die passasier is nie beseer nie.

Die trokeienaar is van die ongeluks toneel deur Muller geskakel. Hy het almal bedank.

Ambulans dienste was reeds op pad, na die twee veilig deur die weldoenders uit die kajuit gehaal is.

Muller vertel dat haar week op ‘n baie hoë noot begin het. Dit was ‘n adrenalien ‘rush’. As ek suikerwater by my gehad het, sou het ek dit vir hulle gegee, hulle was so geskok. Ek voel trots dat ek iemand in nood kon help. Dit is lekker om raak gesien en bedank te word,” het sy aan die Herald gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button