Local newsNews

Hair-a-Thon ‘n reuse sukses

Die jaarlikse Hair-a-Thon was weer 'n reuse sukses en 'n totaal van R15 100 is verlede Woensdag oorhandig aan Imke Geldenhuys se ma, Ilona.

Die Hair-a-Thon word gereƫl deur die Tzaneen Lions klub in samewerking met Hair Fusion en ander plaaslike haarkappers.

Die fondse is die jaar aan Imke geskenk. Imke is met Neuroblastoma gediagnoseer.

Christa Koekemoer, wat ook aan die Lions Kub behoort het die volgende brief geskryf: “Hiermee wil die Letaba Tzaneen Lions Klub graag van die geleentheid gebruik maak om die volgende persone/instansies te bedank vir die 4e Jaarlikse Hair-a-Thon wat plaasgevind het op 14 Julie 2016. Eerstens, die Tzaneen gemeenskap. Sonder u ondersteuning sou die dag nooit so suksesvol gewees het nie. Tweedens, aan al die haarkappers, Jenny, Clive, Hannetjie, Nicole, Christa en Carla wat hul tyd en kundigheid gratis verskaf het. Sonder julle sal hierdie fondsinsameling nie kon plaasvind nie. Derdens, spesiale dank aan Hannetjie, van Hair by Hannetjie, en haar kliente vir die ruim donasie vooraf! Vierdens, al ons borge: Matrix, Icon, Pure Envy, Hairfusion, Tarentilos en Philex Laundrey Services en Laastens, aan Letaba Herald se joernalis, Marianco, wat altyd geduldig en bereid is om fotos te neem. As daar iemand is wat per ongeluk uitgelaat is, vra ons verskoning. Baie dankie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button