Sy het in 2016 gekwalifiseer vir ‘n vlak 1-natuurgidssertifikaat van die Veldgidsvereeniging van Suiderlike Afrika nadat sy 93% in haar teoretiese eksamen behaal het en ‘n praktiese assessering geslaag het.
In die Julie vakansie het sy Bushwise Academy, gestasioneer in Hoedspruit, se gasvryheids-oriëntasiekursus suksesvol voltooi.
Nina sê sy wou nog altyd met diere gewerk het en sy wou graag meer weet oor wild/toerisme en natuurbewaring.
Sy is vasbeslote om haarself nóu al so goed as moontlik te kwalifiseer vir ‘n loopbaan in die bedryf.
Volgende op haar agenda is ‘n kursus in natuurbewaring en om haarself as ‘n marinegids te kwalifiseer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



