Local newsNews

OPVOLG: Jayden soek biltong na ‘leeu-aanval’

Die 9 jarige seun wat Dinsdagmiddag deur 'n leeu aangeval is sterk aan in Mediclinic Tzaneen na 'n operasie.

‘My gogga is uit teater hy doen goed. Eerste gevra vir biltong! Hy eet en praat. Dankie vir almal se gebede!’
So lui Jayden se ma, Sonja Swanepoel se Facebook inskrywing nadat daar Dinsdag op die Facebook groep, Hemelse Pêrels ‘n foto van Jayden geplaas is met die opskrif:
‘Jayden. In Tzaneen by ‘n Lodge waar mense die diere kan vryf aangeval deur ‘n leeu. Hy nou in teater. Bid asb vir hom.’
JAYDEN2
Die Facebook inskrywing soos dit op Hemelse Perels verskyn het.

‘Opvolg. Hy is uit teater uit hy lyk goed, hy eet en drink ook al,’ lui een van die Facebook inskrywings.

Letaba Herald se webtuiste het Dinsdagaand  berig dat die seun glo deur ‘n leeu aangeval en sy keel na bewering ‘oopgeskeur’ is tydens die aanval.

Volgens inligting was Jayden na die ‘aanval’ in die teater opgeneem.
Swanepoel, Jayden se ma, wou nie kommentaar lewer nie.
Hi, ek is nie bereid om ‘n onderhoud toe te staan nie. Al wat ek kan sê is dat als het baie vinnig gebeur. Die mense van die lodge het ons bygestaan met als. Ons is net dankbaar my kind leef. Ons is nou oppad Lodge toe om persoonlik dankie te gaan sê,’ het Swanepoel aan die Herald gesê.
‘n Poging om saam met die familie na die Lodge te gaan was onsuksesvol.
Die Lodge wou ook nie aan Letaba Herald enige kommentaar  lewer nie.
Letaba River Lodge is ‘n groot toeriste aantreklikheid in Tzaneen.
Die Lodge is veral bekend onder toeriste en plaaslike inwoners vir die intertaksie met leeus en ander wilde diere wat daar gerehabiliteer word.
Hulle beskik ook oor puik konferensie en onthaal geriewe.
‘n Vrywaringsvorm word egter ingevul alvorens persone met die diere in aanraking kan kom, en goed opgeleide en vriendelike gidse vergesel besoekers by die park.
Aangesien nog Swanpoel, nog Letaba River Lodge wou kommentaar lewer, is dit onduidelik wat moontlik kon lei tot die ‘aanval.’

Lees ook:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button