Seekoei vreugde, die Letaba rivier vloei in die wildtuin. Foto verskaf.
Na ‘n droë en hartseer gesig in die wildtuin het reën uitgesak in dele van Kruger Nasionale Park en omliggende omgewing.
Die Letaba rivier vloei na lekker reën. Foto verskaf
Letaba Herald het verneem dat die Letaba Rivier kant aan wal vloei in die wildtuin.
Kant aan wal. Foto verskaf
‘Die Giyani omgewing het ongeveer 85mm reën gekry. Die Giyani rivier loop in die Letaba Rivier in. Jy moet die hippo’s sien…hulle swem skoon van vreugde,’ het ‘n toeris aan Letaba Herald vertel.
‘Dit is water van buite area’s af waar lekker reën uitgesak het, en daardie riviere vloei nou in die Letaba in,’ het sy verheug vertel.
Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.