CrimeNews

LETSITELE: Rowers in ‘SAP uniforms’ beroof gholfklub

'Hulle het my ma met een van die wapens in die gesig geslaan en my pa twee keer agter sy kop.'

Orangedene Gholfklub is Maandagaand om omstreeks 18:00 beroof.

‘Daar kon meer rowers gewees het maar die twee mans wat ek gesien het, het polisie uniforms gedra,’ luidens Colleen Natorp.

Natorp vertel dat die rowers rustig die klubhuis ingestap het.

‘My ouers, Emil en Issie  was besig agter die kroeg toonbank. Die volgende oomblik toe rig hulle die wapens op ons, en skreeu ‘fall down.’ My ouers het dadelik platgeval en hulle het die wapens teen my ouers se koppe gedruk.  Ek is teen die grond neergegooi,’ vertel Colleen.

Luidens Colleen is haar ma, Issie in die gesig geslaan met een van die vuurwapens en haar pa en eienaar van die klub, Emil is twee keer agter die kop geslaan.

‘My ma is die ergste getraumatiseerd. Hulle het gevlug met kontant, juwele, drank en selfone.’ het Colleen aan Letaba Herald vertel.

Die waarde beloop glo derduisende rande.

‘Die polisie was redelik vinnig op die toneel,’ sê Colleen.

Issie sal glo more na Pretoria geneem word vir mediese behandeling, luidens Colleen.

Lees ook:

15 years behind bars…with his ‘secret’

AUDIO: Manhunt for 3 escaped rapists in Phalaborwa

UPDATE: Hlanganani escapee re-arrested

HOEDSPRUIT: Cash-in-transit vehicle bombed

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button