CrimeNews

Saak van ‘Poging tot moord’ teen bekende sakeman

'n Saak van 'poging tot moord' is aanhangig gemaak teen 'n bekende sakeman van Modjadjiskloof.

Volgens inligting is ‘n saak aanhangig gemaak teen die sakeman, wat glo na bewering ‘n ‘betreder’ geskiet het.

Die ‘betreder’ was glo besig om hout op te tel.

Die sakeman het glo aangevoer dat die man onwettig op sy plaas is, en hom blykbaar geskiet.

Die gedeelte waar die man die hout opgetel het is glo munisipale grond.

Die gewonde man is in die Kgapane Hospitaal opgeneem. Hy is glo R100 000 aangebied om te ‘vergoed’ vir die ‘misverstand’.

Letaba Herald verneem dat die ‘vergoeding’ van die hand gewys is.

‘n Bron het aan die Herald gese dat ‘n prominete EFF wyksraadslid van diĆ© dorp en ook ‘n parlementslid, op vervolging aandring.

Letaba Herald is in besit van die saaknommer.

‘Ek glo dit sal poging tot moord wees. Daar is ook op die wapen beslag gele,’ is aan die Herald vertel.

Die sakeman was ook in 2010 in die nuus toe hy betrek was by ‘n grondtransaksie in Modjajdiskloof.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button