Local newsNews

Jou SMS kan Tzaneen laat wen

Tzaneen kan weereens een van die finaliste as Dorp van die Jaar in Limpopo wees, maar dit hang van jou af.

Die kompetisie word jaarliks deur die gewilde Kwêla op KykNet aangebied.

Genestel tussen die mooiste, blouste berge, is net ons natuurskoon ons grootste skat.

Tel daarby al ons ander besienswaardighede, pragtige woonbuurte, voldoende besigheidsentrums en restaurante asook koffiewinkels met watertand geregte en ons kan beslis as ‘n nasionale wenner uit tree.

Die tyd is egter bitter min aangesien stemme om aan die kompetisie reeds Dinsdag om 12:00 sluit.

Daarom het ons die gemeenskap se samewerking bitter nodig.

Waarvoor wag jy? SMS vandag nog!

Stem vir Tzaneen en sorg daardeur dat ons kwalifiseer as semi-finalis in die eerste been van die kompetisie, en wie weet…moontlik vanjaar stap Tzaneen weg met dié kroon as wenner!

Sms Tzaneen na 33157. ‘n Sms kos R1.50. Jy mag soveel keer stem soos wat jy wil.

Bemarkingswaarde van R1miljoen rand sowel as advertensietyd van 30 sekondes oor die dorp asook ‘n groot makietie kom ons kan toe as ons as die nasionale dorp van die jaar aangewys word.

SMS vandag nog sodat Tzaneen in aanmerking kom vir die kompetisie.

Ondersteun ons pragtige dorp, laat daardie duime werk en SMS nou!

Tzaneen kan wen, dit hang van ons almal af. SMS vandag nog!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button