NewsSchools

Goeie begin vir Vossies se hokkie

Die Vossies se hokkieseisoen het baie goed afgeskop met vyf uit ses van hulle meisiespanne wat die besoekende Hoërskool Wonderboom op 4 Maart, gewen het.

Die twee skole het as deel van die Puk-reeks teen mekaar te staan gekom.

Die Vossies se twee junior spanne, O/14A en O/15A, het die doele laat klap en gesamentlik 20 doele aangeteken.

Elsje Kriel van die O/14A-span het vier van haar span se elf doele aangeteken en Grizél Lepart, wat in die voorlyn van die O/15A-span gespeel het, het ses van die O/15A-span se nege doele aangeteken.

Die eerstespan het met goeie samespel ‘n oorwinning van 5-1 bewerkstellig. Die volledige uitslae was soos volg:

Eerstespan wen 5-1; tweedespan wen 2-0; O/16A wen 3-.0; O/16B verloor 0-2; O/15A wen 9-0 en O/14A wen 11-0.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button