Editor's choiceLocal newsNews

Bekende Tannie Poppie opgeneem in hospitaal: “Sê vir my fans ek kry net petrol en olie…”

Die gewilde Tannie Poppie Coetzer van Kokkedoor faam is opgeneem in die hospitaal.

Poppie Coetzer, of soos in die volksmond beter bekend as Tannie Poppie is sedert Sondag opgeneem in die MediClinic hospitaal in Trichardt.

Poppie het vanuit haar hospitaal bed aan Letaba Herald vertel dat haar bloeddruk maar net so bietjie hoog is.

‘Ek het nier infeksie en my bloedruk is so bietjie hoog. Ek glo ek sal binnekort by die huis wees,’ het Poppie gesê.

 

Tannie Poppie saam haar Internis, Dr Taban.

En natuurlik met haar opgeruimde persoonlikheid het sy ook in ‘n ligte trant ‘n boodskap aan al haar bewonderaars.

‘Ag my skat, sê net vir hulle ek kry net petrol en olie, dan is ek weer reg. Lovies aan almal.’

Sy het hoë lof vir haar Internis, dr Taban, en volgens haar is hy die beste ooit.

‘Lovies julle.’

Lees ook:

Bak so tannie Poppie se Paasbolletjies

Bak Tannie Poppie se koek jou ‘Paw-Paw’, en wen groot

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button