Editor's choiceLocal newsNews

OPVOLG: Tannie Poppie ontslaan uit hospitaal: ‘My petrol en olie kom bietjie vir bietjie…”

Tannie Poppie Coetzer van Kokkedoor-faam is ontslaan uit die hospitaal.

Poppie Coetzer het vroeg Donderdagoggend, 20 April aan die Herald vertel dat sy tans by die huis aansterk en ontslaan is uit die hospitaal.

Dit kom nadat sy Sondag opgeneem was in die MediClinic in Trichardt.

Lees: Bekende Tannie Poppie opgeneem in hospitaal: “Sê vir my fans ek kry net petrol en olie…”

‘Ek is by die huis, is nog pap, maar ek sterk aan. Dankie vir almal se liefde en omgee,’ het sy vertel.

Poppie is haar ouself en het aangedui at sy bietjie ‘n draai wil gaan maak by die haarkapper.

Letaba Herald het gister op ons webtuiste berig dat haar boodskap aan al haar bewonderaars is, dat hulle nie moet bekommer nie, want soos sy ditgestel het, kry sy net bietjie olie en petrol.

‘Jong, die olie en petrol kom so bietjie vir bietjie. Ek het baie optredes wat voorlê. Ek tree in Mei op in Klerksdorp. Dan moet ek Kaap toe vlieg vir ‘n optrede in Wellington by die stasiefees. Dan weer so bietjie rus, maar dan vat ek weer die pad,’ het die besige tannie Poppie vertel.

Lees ook: 

Bak so tannie Poppie se Paasbolletjies

Bak Tannie Poppie se koek jou ‘Paw-Paw’, en wen groot

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button