VIDEO & FOTOS: Oppie-Plasie saai warm winter hoop in Tzaneen
'Dit was 'n groot sukses ons het ongeveer 300 monde gevoer, teen 17:00 was daar niks sop oor nie...'
So vertel Bernecia van Jaarsveldt van die ‘Saai-Projek’ wat Woensdag, 26 Julie Tzaneen se behoeftiges bederf het met sop en brood.
Volgens haar het hulle dit baie geniet om die liefdadigheids projek aan te pak..
Video:
Daar is eers by die Life Style sentrum aangedoen waar karwagte beloon is met ‘n bordtjie sop en brood.

Die projek het afgeskop met ‘n handtjievol moeders wat by Noah’s Ark kinders bederf het met ‘n springkasteel, kos en ander kinderlikke bederfies.
Video:
Daarna is besluit om elke kwartaal iets vir die gemeenskap te doen.
Uit hulle harte uit.

Gister was hulle ongeveer 30 ma’s wat ‘n bydrae gelewer het, en hulle het sommer klaar idiees vir die volgende projek.

Hulle het by die skougronde hulle self staan gemaak. En behoeftiges kon nader staan, terwyl die winterson sak, en die skemer plek maak vir nog ‘n koue winternag.
‘Ons is maar die Saai-Hoekie,’ vertel Van Jaarsveldt.

Die projek het begin met Van Jaarsveldt, Tertia Ernst, Charlene Eloff Rossouw en Cindy Eloff.

Letaba Herald sal die gemeenskap op hoogte hou wanneer die volgende projek beplan word.



Lees ook:
TZANEEN: “Om die waarheid te sê ons kry swaar, maar op ons eie manier”
Helpende Hand Gholfdag bring hoop



