Local newsNews

Voete warm geskoffel vir liefdadigheid

Die Boeremusiekgilde het onlangs ‘n boeremusiek opskop ten bate van God’s Haven aangebied.

Dit kan net as ‘n groot skoffel-sukses beskryf word, met meer as 100 gaste wat die aand saam geniet het.

Daar is lekker gekuier tydens die aand.

Die tema was ‘Country and Western’ en die Pietersburg Boeremusiekgilde het gesorg vir die aand se musiek.

In pure “Country-Styl’.

Hulle wil graag die volgende bedankings maak:

‘Die gaste vir julle bydrae, Bonanza Boeremusiek orkes onder die vaandel van die Boeremusiekgilde vir julle gratis optrede, Letaba River Lodge, bestuur en personeel van die ouethuis, Linda Mienie, voorsitter, Henk Mienie, sekretaris, Johan Cloete, mediese Versorging, Annemarie Coetzee, bestuurder en al die ander personeel, Johan Cloete, Ammorentia kwekery, Matana droë vrugte, Annerien de Jager, Danie van Zyl, Ellim Schnell vir twee skilderye, Rhino Chemical, Marissa Basson van Marissa`s Haarsalon, Spesiale dank aan Jenine van Letaba River Lodge en haar span vir die voorbereiding van die kos.’

Die gaste was deel van die aand se pret!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button