NewsSchool sportSchoolsSport

Vossie rugby verhang bordtjies teen Frikkie Meyer

Ben Vorster is die verdedigende kampioene van die reeks en is tevrede met sy eerste vertoning van die jaar.

Die  Vossies se 1ste rugby span het Saterdag, 3 Maart die bordjies teen Frikkie Meyer van Thabazimbi in die openingswedstryd van vanjaar se NWU-Pukke-reeks met 30-27 verhang.

Christiaan Smit maak gereed om die bal ui te gooi.

Frikkie Meyer het verlede jaar Ben Vorster se aspirasies om as Limpopo-kampioen gekroon te word op dramatiese wyse met 19- 17 in die eindstryd verydel.

Ben Vorster is die verdedigende kampioene van die reeks en is tevrede met sy eerste vertoning van die jaar.

Die span se slotpaar, CJ Erasmus en Rickus Nel, asook die agtsteman, Thapelo Ramoshaba, het blink vertonings gelewer.

Die 1ste rugbyspan ini die lynstaan.

Agterlangs was die losskakel, Erik Meintjes, senters DJ du Preez en Christiaan Smit, en die heelagter, Jason Mulder, uitstaande. Die borg vir die dag was Lannie Motors Volkswagen van Tzaneen en die Vossies bedank hulle hiervoor.

Die telbord het soos volge gespog in die Vossies se guns. 1ste span 30-27; 2de span 22-17; 3de span 15-10; O/16A-span 46-17; O/16B-span 49-0; O/15A-span 59-0; O/14A-span 38-10; O/14B-span 58-5.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button