Local newsNews

#Afriforum slaan toe op misdaad in Tzaneen, trek kriminele vas

Die aksie het gevolg nadat Aquapark die afgelope tyd onder ’n vlaag van inbrake en kriminele aktiwiteite deurgeloop het.

AfriForum se Tzaneen buurtwag het op Donderdag, 19 April ’n operasie in die Aquapark woonbuurt gehad in samewerking met sekuriteitsmaatskappye en SAPD waarby ’n inbreker vasgetrek is.

Die aksie het gevolg nadat die woongebied die afgelope tyd onder ’n vlaag van inbrake en kriminele aktiwiteite deurgeloop het.

Lees: VIDEO: AfriForum sit die ‘stop’ terug in stopstraat

Goeie inligting was ontvang deur die tak en die operasie is uitgewerk en beplan volgens die inligting met die spesifieke doel om die kriminele voor te lê en vas te trek die oomblik wat hy inbreek.

Een inbreker is gevang en die ander een het ongelukkig weggekom, maar die buurtwag het goeie inligting ontvang wat gebruik sal word om nog soortgelyke operasies te dryf en die kriminele voor te lê.

Lees: TZANEEN: Afriforum axe illegal harvesting 

Die buurtwag het op 22:00 die aand begin met die operasie en het ongeveer 03:00 ‘n inbreker vasgetrek met 45 patrolleerders wat deelgeneem het aan die aksie.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se Distrikskoördineerder vir Limpopo, is die inisiatief wat die buurtwag geneem het om die krimineel voor te lê, ’n goeie taktiek om te verseker dat kriminele gevang word terwyl of nog voordat ’n insident plaasvind.

Lees: AfriForum release video of Malema brawl

“Ons moet sorg  dat ons altyd een stap voor die krimineel is om hom voor te spring nog voordat hy ’n kriminele daad kan pleeg. As ons dit kan reg kry ontneem ons die krimineel sy inisiatief om kriminele dade te pleeg.”

Verder het Grobbelaar ook gesê dat mense uit die gemeenskap betrokke moet raak by buurtwagte om hul omgewing self te beveilig.

Lees: AfriForum gaan voort met skoonmaakprojek onder oorhoofse kragdrade

“Ons vra dat mense uit die gemeenskap moet inskakel by die inisiatiewe om ons te help kriminele uit die omgewing te dryf. Mense wat inligting het oor kriminele aktiwiteite moet dit aanmeld by die polisie, buurtwag of sekuriteitsmaatskappye.”

Om betrokke te raak by die projek, SMS “veiligheid” na 45340(R1) of kontak vir Mariette van der Westhuizen by 083 497 2702.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button