Editor's choiceLocal newsNews

Tzaneen se damvlak wek kommer

Die vlak van die Tzaneendam is ‘n groot bron van kommer en streng waterbeperkings lyk onafwendbaar.

Die dam was Dinsdag 45,18% vol teenoor die 45,45 van die vorige week, dis volgens die Departement van Water en Sanitasie. Met ons reenseisoen amptelik verby gaan die tempo waarteen die watervlak daal net toeneem.

Boere wat afhanklik is van die Tzaneendam vir besproeiing gebruik verstaanbaar meer water in die winter en in die lente pomp hulle maksimaal om ‘n goeie oes te verseker. Verlede jaar dieselfde tyd was Tzaneendam ongeveer 68% vol.

Lees: TZANEEN: Questions arise over construction of dam wall

Die Ebenezerdam staan tans op 92%.

Die gemiddelde damvlakke in Limpopo staan tans op 73,8% teenoor die gemiddeld van 90% verlede jaar. Streng waterbeperkings is gewis ons voorland.

Die enigste vraag is wanneer en hoe streng.

Die boere is reeds onderhewig aan beperkings en indien almal nie daadwerklik water bespaar nie kan dit katastrofiese gevolge vorentoe inhou. Die Nandonidam naby Malamulele is tans op 101% terwyl damme in die Olifantsrivier gemiddel 1% hoer is as verlede jaar op 75%.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button