Local newsNews

Piet en Dirkie in die eg verbind

Piet Backhouse (79) en Dirkie Joubert (77) is na 7 maande Dinsdagoggend by “Goue Jare” tehuis in Mojadjiskloof in die huwelik bevestig.

Hulle het November verlede jaar by ‘n tehuis van bejaardes in Polokwane ontmoet.

In April verhuis Dirkie na tehuis “Goue Jare” om nader aan haar kinders te wees en weens die sterk band tussen hulle besluit Piet om “Goue Jare” ook sy tuiste te maak.

Wat het julle na mekaar toe aangetrek?

“Ons het albei goeie geaardhede,” vertel Piet en dit is die grondslag waarop hulle verhouding gebou is.

Die resep vir ‘n gelukkige huwelik volgens Dirkie is om “nooit kwaad te word vir mekaar nie”.

Ds. Dewald Vermaak van die NG gemeente Laeveld in Modjadjiskloof het die seremonie waargeneem en ds. Fanie Beukes van die Hervormde Kerk Laeveld het die aanbidding gelei.

Ongeveer vyftig gaste was teenwoordig wat mede inwoners van die tehuis ingesluit het en is na die seremonie met lekkernye getrakteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button