Local newsNews

Tzaneen groet geliefde Vandre met ‘n swaar hart

Vandre sal altyd as die Grensvegter van Grensstraat 70 onthou word.

Vandre Smit (43) is Maandag oorlede aan ‘n hartaanval.

Huldeblyke en boodskappe van medelye het sosiale media oorval.

Hy was alom bekend en was geliefd onder al sy vriende en familie.

Vandre sal onthou word vir sy lus vir die lewe, en sy skerp humorsin.

Die familie het die volgende huldeblyk saamgestel:

Dit het die Here, onse God, in Sy Groot Wil, behaag, om van ons weg te neem, op ‘n skielike, onverwagte tyd, ons geliefde Vandrè, in die ouderdom van 43jaar.

Ons voel ook soos ‘n Paulus, dat ons slegs in ‘n dowwe spieël kyk en net ‘n raaiselagtige beeld sien, en nie alles verstaan nie, maar ons weet dat ons Geloof ons so sal dra om eendag alles te sien soos dit werklik is. Ons dank die Here vir die tyd wat ons saam gehad!

Ons het jou lief!

Sien later!

Die begrafnis vind plaas op Vrydag 6 Julie om 11:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk in Tzaneen.

Huldeblyk van vriende aan hulle geliefde vriend Vandre Smith:

Ons staan vandag voor God met baie vrae in ons hart, maar verseker weet ons dat ons geliefde vriend Vandre ‘n groot leemte gaan laat.

Waar begin ons? Wat ‘n groot vooreg is dit nie om deel van Vandre se lewe te kon wees nie.

Vandre saam skool vriende tydens sy skoolloopbaan te Ben Vorster.

Vandre se passie en hart was onvoorwaardelik vir ware vriende en natuurlik sport en die “Blou Bulle”

Vandre sou eerder vir die 5de span rugby speel om ‘n impak in ander mense se lewens te kon maak alhoewel hy waarskynlik vir die eerste of tweede span moes speel, n fenominale leier was Vandre.

Vandre sal gemis en onthou word deur almal wat hom geken het.

Daar is ongelooflik baie herinneringe wat ons as vriende kan deel, die skooldae, krieket speel in hul agter erf, met die motorfietse die dorp plat ry en dan natuurlik lekker kwaaddoen op sy beste.

Wat meer kan mens sê.

Vandre was nou wel nie by die Grensoorlog nie, maar Vandre sal altyd as die Grensvegter van Grens str 70 onthou word .

Ons groot vriend Vandre, vir jou gaan ons ongelooflik baie mis, sien jou eendag in die Hemel waar ons weer herenig sal word.

Groot Ronde Liefde

Die Pelle

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button