CrimeLocal newsNews

GLM gryp in by beboste Rotaba-huise

"Die skelms kruip in die bosse weg en hulle kom moontlik deur die beboste area rondom die treinspore.

Hekke is afgeroes, heinings het gate en die buiteligte werk nie.

Dit is nie net Eskom wat ons in die steek laat nie maar die munisipaliteit se algemene instandhouding wat ons in die steek laat.”

Dit is wat Sylvia Jansen, een van die moedelose inwoners van Rotaba woonstelle vir bejaardes in Modjadjiskloof verlede week aan LETABA HERALD vertel het.

Hekke werk nie.

Die draadheining laat veel te wense oor en is in ‘n verwaarlose toestand.

Die perseel is erg bebos en toegegroei. Ligte is buite werking.

Bome se takke lê op van die eenhede se dakke en het veroorsaak dat dakke beskadig is.

Die dakke lek en met die onlangse reën het die eenhede groot skade gekry met water wat ingesypel het en matte wat deurnat geword het.

Die feit dat twee voertuie ook nog onlangs oornag gesteel is, laat inwoners nou verby moedeloos.

“Dit was my enigste wiele, my wegbreek opsie om net uit die huis te kom maar nou sit ek net,” het Jansen moedeloos gesê.

Die bakkie was glo gesluit en het ‘n ratslot opgehad.

“Die rowers het nog steeds hom hier weg, en hy is nie verseker nie,” vertel Jansen.

Inwoners sit met hande in die hare en het nou op eie onkostes slotte en sekuriteit laat installeer.

Daar is na bewering glo ‘n permanente werker wat Rotaba instand gehou het.

“Sedert middel 2015 het hy ook verdwyn en geen terugvoering van ons klagtes word vanaf die munisipaliteit verkry nie,” verduidelik Jansen.

Jansen het ook vertel dat een inwoner onlangs ‘n noue ontkoming beleef het.

“Daar was ‘n vreemde man by een van die inwoners se vensters omstreeks 03:00 een oggend.

Hy het geskreeu, “I will shoot!,” en in die bosse verwdyn.”
Die pensionarise leef nou in vrees vir hulle veiligheid.

Lovers Maenetje, media woordvoerder van die Groter Letaba Munisipaliteit (GLM), het aan die HERALD verduidelik dat daar ‘n persoon is wat op ‘n voltydse basis die perseel skoon hou.

“Die hek is onlangs reggemaak. Daar word reeds sorg gemaak met die ligte wat nie werk nie. Die grootste probleem is in die omgewing agter die woonstelle waar die treinspoor verbyloop.”

Maenetje het herken dat dit ‘n groot veiligheids risiko inhou.

“‘n Span sal omsien na die beboste gebied. Verder sal die Tegniese departement van die GLM ‘n span uitstuur om die woonstelle se dakke te herstel en ander kwelpunte van die inwoners wat dringend aandag benodig.”

“Ons simpatiseer met die persone wie se motors gesteel is en spreek die hoop uit dat die polisie die saak sal ondersoek en dat die gereg sy gang sal gaan,” het Maenetje afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button