Local newsNews

Letsitele: ‘Boetie brand’ – seuntjie stabiel nadat bababed vlam vat

Plaaslike gesin benodig dringend donasies vir 10 maande oue baba.

Die Nel gesin wend hulle na die gemeenskap vir donasies nadat hulle seuntjie (10 maande oud) erge brandwonde opgedoen het.

Dian Nel se ma, Michelle Cloete het aan die Letaba Herald vertel dat sy hom Dinsdagoggend, 21 Mei in sy bababed gesit het.

Dian Cloete.

‘Ek het opgestaan om die kombuis te gaan opruim. My ander seuntjie, Luan (2) het na die kamer gestap en geskreeu ‘boetie brand’. Ek het kamer toe gehardloop en voordat ek hom kon uithaal was sy boetie besig om Dian te probeer uithaal. Ek het hulle toe altwee uitgeruk. Ek het die vuur geblus, hom in ‘n koue bad water gedruk en probeer afspoel. Daarna het ons ER24 geskakel,” vertel Cloete.

Sy sĂȘ verder: “Daar is ‘n probleem want die elektriese drade is almal oop. Ons dink die gas in die lugverkoeler het ‘n kortsluiting veroorsaak wat vonke uitgeskiet het,” verduidelik Cloete.

Dian was opgeneem in die Van Velden Hospitaal maar is intussen oorgeplaas na die Mankweng Hospitaal in Polokwane.

Hy het tweede-; en derde graadse brandwonde opgedoen.

Hy is tans stabiel.

Die Nel gesin vra vir donasies in die vorm van klere, ‘n bababed, doeke, tietiebottels en ander baba benodighede wat tydens die brand vernietig is.

Kontant skenkings is ook welkom.

Donasies kan inbetaal word in die volgende rekening:

AB de Beer

ABSA – 632005

Acc: 9300122294

Verwysing: Brandfonds

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button