Local newsNews

Hokkiespelers skuur skouers met groot name

Tydens die die Princess Dutch-hokkiekliniek wat by Die Hoërskool Ben Vorster aangebied is, is plaaslike spelers se vaardighede geslyp.

Die Princess Dutch-hokkiekliniek is onlangs vir die tweede jaar op Die Hoërskool Ben Vorster se astrobaan aangebied.Afrigters en plaaslike spelers het skouers geskuur met Myrth Hagemans van Nederland en Kyle Marks van Sportsways-faam.
Ses van die Vossies se afrigters was betrokke by dié leersame kliniek met die doel om slaggereed te wees vir die 2020-hokkieseisoen.

LEES OOK: Eerste Princess Dutch in Tzaneen aangebied

Zoë Bergmann, ‘n leerder van Die Hoërskool Ben Vorster, was deel van die afrigterspan tydens die kliniek. Hierdie was slegs een van twee Princess Dutch-klinieke wat in die provinsie aangebied is.
Tydens die prysuitdelingfunksie het Tiaan Botha, ‘n leerder van Die Hoërskool Ben Vorster, ‘n toekenning ontvang vir die belowendste senior seun.

Voor is Vossies se  Genee Smit en agter is Liezl Kriel, Elrisa Oosthuzen, Jayden Mabayah, Mariette Duvenage en Candice Prinsloo.

40 van Larries se hokkiespelers het ook die kliniek bygewoon. Nie net het die spelers hulle kennis en vaardighede verbeter nie, maar drie Larrie-afrigters, Beronice Avontuur, Stefan de Beer en Helashia Biewenga het hul vaardighede as afrigters opgeknap.
Larries se Mario Steyn is aangewys as die junior seun wat die beste vordering getoon het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button