27 rekords spat op Plasieland se interhuis
Vir die eerste keer op Plasieland het die atletiek interhuis oor twee dae plaasgevind.
Vir die eerste keer op Plasieland het die atletiek interhuis oor twee dae plaasgevind.
Op hierdie manier kon Plasies covid-19 se uitdagings en Moeder Natuur se strome van seën suksesvol inkorporeer en uiters geslaagde byeenkomste hou.
Op Vrydag 19 Februarie het die graad 8-seuns en -dogters hul buiging op Plasiepark gemaak.

Die graad 9-dogters was toe ook by die skool en het saam die kompetisiegees aangewakker.
Nadat die veld kans gekry het om af te droog, kon die graad 9-seuns, asook die senior grade hul atletiekspiere kom bult op Woensdag, 24 Februarie.
Die skoolhuise (Ventus, Terra, Ignis en Aqua) het vir ‘n kleurskouspel gesorg. Almal was uitgehonger om weer aan sport deel te neem.
lees: Tzaneense ruiter gesels oor perde en kinders
Klara Pretorius is as junior victrix ludorum aangewys en Molatelo Thoka spog met die junior victor ludorum-titel.

Onder die senior atlete is Reece Coetzee, met ‘n allemintige drie nuwe rekords, as victor ludorum gekroon, terwyl Lané Kasselman, welverdiend die victrix ludorum-kroon dra.
lees: Sorry state of rural power network
Huis Ignus, 2020 se interhuiskampioene, moes hierdie jaar die knie buig voor Huis Ventus, wat met 1106 punte as nuwe kampioene koning gekraai het.
Huis Ignus het ‘n tweede plek ingeneem met 1046.5 punte.

Huis Aqua moes tevrede wees met 817 punte en die derde plek. Huis Terra het 729.5 punte verdien.

Hoërskool Merensky se topatlete werk hard om hopelik later die jaar deel te neem aan provinsiale – en nasionale byeenkomste.



