Local newsNews

Pleegsorg is ’n daad van liefde

Wanneer kinders uit die sorg van hul ouers verwyder word is dit net tydelik en is die uiteindelike doel om weer die gesin te herenig.

So gesels Sonja White, ‘n onafhanklike maatskaplike werker en Joyce Ahlers, die SAVF se maatskaplike werker in die Letsiteleomgewing. Sonja het onlangs die SAVF bygestaan in die keuring van pleegouers in die omgewing. Sonja sê dat mense se motivering waarom hul pleegouers wil word, deeglik ondersoek en oorweeg word.

“As pleegouer moet jy voorbereid wees om te gee en nogmaals te gee. As jy iets terug verwag, gaan jy teleur gestel word. Dis uit en uit ‘n liefdesdaad.” Pleegsorg is ‘n tydelike statutêre posisie wat gewoonlik na ‘n lang proses van rehabilitasie en konsultasie van die gesin, ingestel word. ‘n Aansoek vir pleegsorg dien voor die Kinderhof. Indien dit toegestaan word, word die kinders vir ‘n tydperk van twee jaar in pleegsorg geplaas.

“Daar word lank met die ouers gewerk en aan hul kans gegee om die omstandighede of gedrag te verbeter. Eers wanneer daar gee vordering is nie, gaan ons oor tot die proses om die kinders uit hul ouers se toesig te verwyder,” sê Joyce.

Also read: Important questions to ask your child’s after-school care

Volgens Sonja en Joyce werk die proses so dat kinders vir drie maande in ‘n plek van veiligheid geplaas word nadat die verwydering plaasgevind het, gewoonlik ‘n kinderhuis. Daarna word daar na geskikte pleegouers gesoek. Na twee jaar word die situasie herevalueer en word die pleegsorg of vir nog ‘n verdere twee jaar verleng, of indien die gesin se omstandighede verbeter het, word die kinders weer met hul ouers herenig.

Joyce sê die ouerlike regte bly altyd by die biologiese ouers en word nie outomaties na die pleegouers oorgedra word nie. “As pleegouer is jy daar om versorging te bied in ‘n liefdevolle omgewing. “Jy moet stabiliteit bied en ook in ‘n finansiële posisie wees om die nodige ondersteuning soos terapie te bied. Dit is ‘n saak van dien, jy ploeg terug in die kind wat jy versorg se lewe.”

Joyce sê dat die maatskaplike sisteem oorvol is en dat daar nie altyd geskikte plek is wanneer kinders verwyder word nie. Daarom is die House of Hope in Tzaneen so belangrik. In die Letsitele-omgewing waar sy werk, sien sy na tien kinders in pleegsorg om. “Die kinders verlang na hul ouers wanneer hulle verwyder word en is die beste situasie vir die pleegouers en die biologiese ouers om saam te werk sodat daar steeds kontak is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button