Local newsNews

Plaaslike landbouers belê groot in hoëwaarde kersies

Twee plaaslike landboureuse het hande gevat in die verbouing van kersies, ‘n lonende uitvoerproduk.

Eddie Vorster van die bekende sitrusproduserende Mahela-boerdery in Letsitele, sê dat hulle in 2018 en 2019 begin het met aanplantings in die Ohrigstad-gebied met die hulp van ZZ2 wat reeds op verskeie gebiede in die noorde van Suid-Afrika kersies verbou. Hulle het 7,2ha aangeplant, hoofsaaklik die Royal Tioga-variteit. “Ohrigstad se winterklimaat is baie geskik vir die verbouing van kersies met sy koue nagtemperature en matige dagtemperature.”

Die bome begin blomme stoot teen die einde Julie en begin Augustus. “Dan word die vrugte vanaf die eerste week van Oktober geoes.” Die kersies wat in die noordelike dele van Suid-Afrika (Buffelspoort, Polokwane, Ohrigstad, Lanseria, Belfast en Lydenburg) verbou word is die enigste kersies op die wêreldmark voordat ander dele van die land of wêreld in produksie kom. Vorster sê Mahela het ‘n geleentheid in dié nismark gesien en die kans gevat om dit aan te plant. “ZZ2 en dr. Koos Pretorius is die konsultante in terme van die produksiepraktyke.”

Lees ook: Small farmers persist despite challenges

Volgens hom is kersieverbouing baie arbeidsintensief. “Die grootste uitdaging was om genoeg koue-eenhede gedurende die winter te kry, met ander woorde die dagtemperatuur moet nie hoër as 15 grade Celsius wees nie. Deur dit te oorkom het ons ‘n oorhoofse besproeiingsisteem (hydro cooling) geïnstalleer wat gekoppel is aan ‘n rekenaar wat weer gekoppel is aan “probes” wat in die groeipunte van die bome gesit word. Sodoende is genoeg koue-eenhede opgebou.” Die eerste kersies is vanjaar gepluk, wat ‘n klein volume was.

“Ons verwag om in 2022 ons die eerste volwaardige oes af te haal. Die 2022-oes gaan plaaslik en internasionaal bemark word onder Mahela se handelsnaam in samewerking met ZZ2. “Die 2021 oes was te klein om uit te voer.” Francois Schwalb van ZZ2 sê in ‘n artikel wat verlede Woensdag op www.freshplaza.com gepubliseer is dat ZZ2 het op 25 September op die plaas Muriti naby Rustenburg begin om kersies te oes. Vyf dae later het hulle by Kareebosch naby Polokwane begin pluk en verlede week op die plaas Toscana in Gauteng en Ferroland op Belfast in Mpumalanga.

“Die totale oesvolume van die vier plase sal na verwagting 210 ton beloop,” het hy gesê. “Die eerste weke van die seisoen het baie goed gelyk, maar die grootste deel van die seisoen lê nog voor. Ons sal waarskynlik teen einde November die laaste kersies pluk.” Die koue winter het hul kersieboorde baie goed gedoen en die grootte is goed: Tot dusver is 83% van die oes groter as 24 mm+ en nog 15% groter as 28 mm+.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button