Local news

Uitbreiding op Modjadjiskloof op ys om inheemse bome te red

“Die ontwikkeling by Uitbreding 11 naby Panorama op Modjadjisloof is tans op ys tot die kwelpunt rakende die betrokke prosedures en bedreigde inheemse boomspesies uitgeklaar is.”

So sê Matome Serumula, wyksraadslid by die Groter Letaba Munisipalitiet (GLM) en verteenwoordiger van die Demokratiese Alliansie.
In verlede week se uitgawe van die Herald is daar berig dat inwoners van Panorama in Modjadjiskloof briesend was na daar swaar masjienerie bome platgestoot het in die area waar 20 erwe (vir middel- na hoë-inkomstegroepe) uitgesit is in dié nuwe uitbreiding.

Serumula het op 20 Julie ‘n brief aan die GLM-burgemeester, Dagma Mamanyoha, gestuur waarin hy versoek dat die GLM alle werk staak tot daar duidelikheid rakende die betrokke prosedures is, ‘n afskrif van die omgewingsimpakstudie verkry is, bewys van openbaredeelname-vergaderings gelewer is en ‘n lys van geaffekteerde partye aan inwoners gegee kan word.

Lees ook: Inwoners gryp in toe inheemse bome platgestoot word

Serumula het ook ‘n addisionele brandpunt rakende die beplande Uitbreiding 11 se watervoorsiening en sanitasiebeplanning in die area aangespreek en vir meer besonderhede hieroor aangevra in sy brief.
“Die DA het klagtes ontvang van bekommerde lede van die gemeenskap. Hulle het beweer dat die regte prosedures nie gevolg is nie en dat die skoonmaak van die area onwettig is as gevolg van beskermde inheemse plantspesies wat daar voorkom,” het Serumula in ‘n persverklaring gesê.

“Die DA het die munisipaliteit en die betrokke amptenaar genader, maar ons kon nie bevestig of ontkenning vind dat daar ‘n omgewingsimpakstudie gedoen is nie,” lui die verklaring. Hy vra ook in die brief dat die burgemeester terugvoer binne tien dae van ontvangs sal gee rakende die kwelpunte wat uitgelig is.

Lovers Maenetje, woordvoerder vir die GLM sê: “Ons span sal op die perseel wees om inspeksie te hou tydens die skoonmaak van die erwe om te verseker dat alle spesiale plantspesies beskerm word.”
Die Herald sal berig op verdere verwikkelinge by Uitbreiding 11 soos dit aan die lig kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button