Local news

Piet Warren kry ’n eredoktorsgraad

Bekende beesboer, wildsboer, sakeman en swartwitpensteler, Piet Warren, sal volgende jaar deur die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) met ‘n eredoktorsgraad vereer word.

Die raad van die universiteit het besluit om ‘n eredoktorsgraad in filosofie in bestuurstudies aan Warren toe te ken vir sy onskatbare bydrae tot landbou in die Mopani-streek. “Ek kan dit nie glo nie, ek het hierdie week meer gehuil as wat ek die vorige 70 jaar gehuil het.

Christine en Piet Warren. Photo supplied.

Ek het nie gedink dit is moontlik nie, maar ek is baie dankbaar en dit is voorwaar ‘n voorreg,” sê Warren. Hy word vereer vir sy prestasie in die genetiese seleksie en bevordering van die Suid Afrikaanse swartwitpenskudde se horinglengte, sy ervaring wat bygedra het tot die suksesvolle bestuur van Gaza Beef die afgelope 40 jaar, sy bydrae tot die groei in sy kommersiële en voerkraalbeeskudde tot 13 400 diere en twee abbattoirs.

Lees ook: Gareth’s love for conservation lives through art and tattoos

Hulle vereer hom ook vir die beleggings wat hy in landelike dorpe in Limpopo gemaak het. Unisa vereer Warren ook vir die werk wat hy in gemeenskappe doen om veewagters te help om selfvoorsienend te wees en vir die bystand wat hy aan gemeenskappe wat swaarkry verleen. “Sonder my vrou, Christine, was dit nie moontlik nie,” sê hy.

Piet en Christine is ook tans besig om te emigreer na Australië. Christine het op Vrydag, 20 Oktober op die vliegtuig geklim. “Ek sal op 24 November die lang vlug na Australië vat en sal dan nie gou weer terug wees nie,” vertel Warren. Volgens Warren word die gradeplegtigheid vir Januarie of Februarie volgende jaar beplan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button