Local news

Piet Warren kry ’n eredoktorsgraad

Bekende beesboer, wildsboer, sakeman en swartwitpensteler, Piet Warren, sal volgende jaar deur die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) met ‘n eredoktorsgraad vereer word.

Die raad van die universiteit het besluit om ‘n eredoktorsgraad in filosofie in bestuurstudies aan Warren toe te ken vir sy onskatbare bydrae tot landbou in die Mopani-streek. “Ek kan dit nie glo nie, ek het hierdie week meer gehuil as wat ek die vorige 70 jaar gehuil het.

Christine en Piet Warren. Photo supplied.

Ek het nie gedink dit is moontlik nie, maar ek is baie dankbaar en dit is voorwaar ‘n voorreg,” sê Warren. Hy word vereer vir sy prestasie in die genetiese seleksie en bevordering van die Suid Afrikaanse swartwitpenskudde se horinglengte, sy ervaring wat bygedra het tot die suksesvolle bestuur van Gaza Beef die afgelope 40 jaar, sy bydrae tot die groei in sy kommersiële en voerkraalbeeskudde tot 13 400 diere en twee abbattoirs.

Lees ook: Gareth’s love for conservation lives through art and tattoos

Hulle vereer hom ook vir die beleggings wat hy in landelike dorpe in Limpopo gemaak het. Unisa vereer Warren ook vir die werk wat hy in gemeenskappe doen om veewagters te help om selfvoorsienend te wees en vir die bystand wat hy aan gemeenskappe wat swaarkry verleen. “Sonder my vrou, Christine, was dit nie moontlik nie,” sê hy.

Piet en Christine is ook tans besig om te emigreer na Australië. Christine het op Vrydag, 20 Oktober op die vliegtuig geklim. “Ek sal op 24 November die lang vlug na Australië vat en sal dan nie gou weer terug wees nie,” vertel Warren. Volgens Warren word die gradeplegtigheid vir Januarie of Februarie volgende jaar beplan.

Related Articles

 
Back to top button