Local news

Forum vra inwoners om sake by die polisiekantoor te open

Die Tzaneen Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) versoek inwoners om sake by die polisiekantoor te open wanneer misdade gepleeg word.

“Met die hulp van die GPF en die Community In Blue-subforum (CIB) is daar in die laaste week kriminele gevang. Ongelukkig word daar nie sake geopen wat tot die diefstalle verbind kan word nie.

Die Tzaneense polisie het die area deursoek voor dit gesloop is.

“Die polisie het dan geen ander keuse as om die kriminele vry te laat nie,” sê Uwe Kröh, voorsitter van die GPF. Kröh het in September gemeld dat Aqua Park weer ‘n toename in misdaad ervaar. “Ons probeer hard om ons dorp veilig te hou. Ons doen weer eens ‘n beroep op inwoners om sake oop te maak,” sê hy.

Lees ook: Fransies laat ‘spat’ in die swembad

Die Tzaneense polisie, verkeersdepartement, publieke orde-polisiëringseenheid (POPS), sekuriteitsmaatskappye, GPF, CIB, die Groter Tzaneense Munispaliteit en die Young Civilians on Patrol het ook onlangs ‘n probleemarea in die middedorp deursoek en afgebreek.

Volgens Kröh was die veldtog suksesvol en is daar tydens die klopjag op dwelms beslag gelê. Om betrokke te raak by die CIBsubforum, skakel Jaco Rautenbach op 073 074 9716. Skakel Uwe Kröh op 076 833 9112 om betrokke te raak by die GPF.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button