Local news

Geld vir Tzaneen se straatligte word nie spandeer

Dit blyk dat vordering met herstelwerk van straatligte belemmer word deur 'n tekort aan materiaal of beskikbaarheid van 'n kontrakteur.

TZANEEN – Ou infrastruktuur word vir Tzaneen se tekort aan werkende straatligte blameer terwyl geld daarvoor nie bestee word nie.

Dit het verlede week aan die lig gekom dat die Groter Tzaneense Munisipaliteit (GTM) slegs 10%, R308 071.36, van hul begroting van R3 miljoen vir die herstel van straatligte tot dusver spandeer het.

Volgens René Pohl, DA-wyksraadslid, laat dit net ‘n paar maande om die oorblywende begroting vir straatligte aan te wend.

“Daar is ‘n vermoede dat daar net een dag ‘n week spandeer word om straatligte te herstel. Dit is vir my onaanvaarbaar. Misdaad en diefstal bly ‘n probleem in Tzaneen se woonbuurte en die vordering met die herstel van die straatligte wat nie werk nie is baie stadig,” sê Pohl.

Sy bestuur tans ‘n Whatsapp-groep waar inwoners straatligte wat buitewerking is rapporteer. Sy stuur dit dan aan die relevante departemente en persone by die GTM.

Volgens Pohl lê die grootste probleem in Tzaneen dorp, terwyl daar ook na probleme in Lenyenye, Letsitele, Haenertsburg, Nkowankowa omgesien moet word.

Die herstel van ou infrastruktuur sluit in die herstel van kabelfoute en ook die vervanging en installasie van LED-gloeilampe, onder
andere.

Volgens inligting ontvang deur die Herald blyk dit dat vordering belemmer ‘n tekort in materiaal of beskikbaarheid van ‘n kontrakteur.

Vutivi Makhubele, woordvoerder vir die GTM, kon teen druktyd Maandag nie terugvoer aan die Herald gee nie, maar het onderneem om by die GTM se direkteur vir elektrisiteit, Freedom

Mthetwa, terugvoer te kry rakende die begroting en vordering van die GTM se straatligherstelwerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button