Ruiters verteenwoordig Laerskool Tzaneen briljant by SANESA
Tydens die SANESA Core League Qualifier 3 het die Larrie-ruiters uitmuntend gevaar.
TZANEEN – Laerskool Tzaneen is trots op die puik vertoning van die skool se ruiters het tydens die jongste SANESA-byeenkomste.
Tydens die SANESA Core League Qualifier 3, wat van 9 to 11 Mei by The Ranch Resort buite Polokwane plaasgevind het, het die Larrie-ruiters uitmuntend gevaar.
Zietske de Carvalho het ’n tweede plek in dressuur én ’n tweede plek in equitasie behaal.
Kara Kruger het twee eerste plekke losgespring, een in A2-springrit en een in equitasie.
Abigail Peterson op 10 Mei aan SANESA Qualifier 2 by Uitzoek Stables net buite Tzaneen deelgeneem. Abigail het ’n uitstekende eerste plek behaal in werks-equitasie, ’n kombinasie van dressuur en equitasie.




