Local news

Vossies groet Jan van Staden

Die Vossie-gemeenskap is trots op die rol, wat ons leiers speel, nie net binne ons eie mure nie, maar ook in die breër onderwyslandskap.

Jacques du Plessis, Hoërskool Ben Vorster-beheerliggaamvoorsitter skryf:

Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen is trots om bekend te staan as ‘n sentrum van uitnemendheid, nie net op akademiese en sportvlak nie, maar ook wat skoolbestuur en leierskap betref.

Die nuus dat Jan van Staden, ons huidige hoof, ‘n aanstelling by Hoërskool Monument aanvaar het, dien as verdere bewys dat groter skole in die land doelbewus by die Vossies kom headhunt vir topbestuurslede. Voorheen het Hoërskool Waterkloof reeds ‘n hoof uit Ben Vorster se geledere gewerf, en nou volg Monument in dieselfde rigting.

Hierdie patroon onderstreep die gehalte van leierskap wat by Hoërskool Ben Vorster ontwikkel en gevestig word. Dit is ‘n duidelike erkenning dat ons skool se bestuurspan op nasionale vlak hoog aangeskryf word.

Hoewel dit vir ons gemeenskap ‘n groot verlies is om leiers soos mnr. Van Staden te sien vertrek, bevestig dit ook die ongelooflike standaard van professionaliteit, visie en toewyding wat by Hoërskool Ben Vorster floreer. Die Vossie-gemeenskap is trots op die rol, wat ons leiers speel, nie net binne ons eie mure nie, maar ook in die breër onderwyslandskap.

Die skoolbestuur het reeds die proses begin om ‘n geskikte opvolger te vind en werk nou saam met die departement van onderwys om die gaping te vul. Intussen bly ons gefokus op die voortsetting van ons kultuur van uitnemendheid en die sukses van elke leerder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button