‘n Kers-ete met ‘n GROOT verskil
Geniet hierdie Kersfees, 'n Kers-ete met 'n verskil

Hoekom elke jaar die gewone tradisionele kers-ete geniet.
Boonop jaag dit jou sakke vol geld uit die sak.
‘n Kers-ete met ‘n verskil, en sommer vir die pret kan soos volg wees.
Laat elke familie lid en vriend besluit wat is hulle twee of drie gunsteling kosse wat hulle geniet.
‘n Vriendin het vertel dat hulle dit een jaar gedoen het en dat die tafel gekreun het onder al die ongewone kersfees kos en dat alaml dit baie geniet het. Sou jou Kerstafel kan dalk soos volg daarna uitsien as julle ‘n familie of vriende kring van ses gaan wees.
Ons het ‘n klein proeflopie in ons kantoor gedoen met ses personeel lede en ons Kersfees tafel sal soos volg daarna uitsien, ‘n regte egte Suid-Afrikaanse kerstafel:
Skaapbredie
Kort rib
Frettata
Gebraaide skaaptjops
Gekookte eiers
Klein gestoomde blomkooltjies
Spare rib
Gebakte Hoender
Rack of lamb
Soetbrood
Heelboontjies met suur room en Simba skyfies
Soetpatats
Gebraaide chuck
Gebraaide/gekookte mielies
Pap en sous
Skaapboud
Gerookte taai hoendervlerkies
Gebraaide kersie tamaties
Dit klink vir ons na ‘n treffer, en vir die grap gaan ons, ons eie kershoedtjies maak van koerantpapier.
Geniet julle kers-ete.
Sou iemand dalk hierdie jaar die ongewone wil aanpak, ons soek jou fotos. Stuur dit aan bertus@herald.co.za