EntertainmentLifestyle

Plasie-skrywer bly besig

Hoërskool Merensky spog weer met Mari Weber, kultuurbestuurder en hoof van die Musiek-, Dans-, Drama- en Kunsskool, wat al vanaf 2006 deel is van die Plasie kultuurspan.

Behalwe die skryf van verhoogtekste, toesprake en berigte, waag Weber ook haar hand van tyd tot tyd aan meer spesifieke skryfkuns.

In 2011 redigeer sy ‘n publikasie van Marissa Greeff, Bome van plek tot plek – Nasionale Krugerwildtuin en was sy ook verantwoordelik vir die lusmaker op die skutblad.

Die tweede uitgawe van hierdie boek is in 2017 deur Briza-publikasies uitgegee.

In 2013 verskyn een van haar monoloë in die Piekfyn Afrikaans handboek vir Graad 8’s.

Die boek, Reisverhale, onder redaksie van Marissa Greeff, het vroeër hierdie jaar verskyn.

Hierin word twee van Weber se kortverhale gepubliseer: Toneeltoere is nie vir sissies nie en Toe staan ons op die R71.

In haar woorde: “Om te skryf is amper soos leer vir eksamen.

Daar’s altyd iets lekkerder of belangriker wat voorkeur kry.

Dis werklik ‘n kwessie van sitvlak op die stoel, vingers op die toetsbord en doen dit net!

Daarna kom die tydsame “hare uitkam”, oor en oor lees en verander en weer probeer.

Of mens ooit tevrede is met jou produk?

Wel, dit bly ‘n goeie vraag…”

Plasieland weet dat Weber se kreatiewe vlam nog lank nie uitgeblus is nie en sien uit na toekomstige pennevrug.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button