EntertainmentLifestyle

Herofield bied ‘Brave Breakfast’ aan saam Alette Winckler

Die wenprys is ‘n volblad advertensie in die Letaba Herald.

Herofield gaan ‘n Dames ontbyt met die tema “Brave Breakfast” op 29 Julie saam met Alette-Johanni Winckler by Fairview Lodge as ‘n fondsinsameling vir die jeugsentrum aanbied.

Alette-Johanni Winckler.

Tydens die funksie sal daar ook ‘n kompetisie gehou word waar plaaslike koffie winkels en spysenierings maatskappye hulle beste gereg/happie kan inskryf.

Die wenprys is ‘n volblad advertensie in die Letaba Herald.

Saam met die gaste sal daar drie beoordelaars wees wat insluit Alette-Johani, Bertus de Bruyn van Letaba Herald en Marinda Thomas, eienaar van Fairview Lodge. Alette-Johanni Winckler is getroud met die bekende sanger, Heinz Winckler.

Herofield se deure is al oop van 2009 en is ‘n plek van hoop vir baie van die gemeenskap se jong mense.

Hulle bron van inkomste om hierdie Artikel 21 jeugsentrum oop te hou is slegs weldoeners en borge uit die gemeenskap en Herofield wil graag ‘n geleentheid bied aan die hoofborge vir advertensie asook ‘n bewusmakings veldtog loods om nuwe borge te werf.

Vir meer besonderhede en om kaartjies te bespreek skakel Adele Steyn 0843255804.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button