Editor's choiceEntertainmentLifestyle

AUDIO: ‘Welkom, o stille nag van vrede’

‘Somerkersfees’, wat wyle, Koos du Plessis, spesiaal geskryf het vir kinders in die suidelike halfrond.

Kersfees word op 25 Desember regoor die wêreld gevier dus is daar min wat mens eg Suid Afrikaans kan noem aan Kersfees.

‘Somerkersfees’, wat wyle,  Koos du Plessis, spesiaal geskryf het vir kinders in die suidelike halfrond, vir wie ‘n Kersfees met sneeu nie ‘n werklikheid is nie, is opgeneem in die NG-kerk se nuwe sangbundel onder die titel ‘Welkom, o stille nag van vrede’.

Die lirieke van Somerkersfees:

Welkom o stille nag van vrede,

Onder die suiderkruis,

Wyl stemme uit die verlede

Oor sterrevelde ruis.

Hoor jy hoe sag die klokke beier

in eeue-oue taal.

Kyk, selfs die nagtelike swye

vertel die ou verhaal.

Voel jy ook nou Sy warm liefde

As ons die dag gedenk,

Toe Hy sy Seun aan ons gegee het –

Ons grootste Kersgeskenk.

KOOR

Kersfees kom, Kersfees kom –

Gee aan God die eer.

Skenk ons ‘n helder Somerkersfees

In hierdie land, o Heer.

Verskeie kunstenaars het dit later opgeneem.

Koos du Plessis het naam gemaak as digter en liedjieskrywer.

Van sy ander bekende liedjies sluit in “Kinders van die wind”, “Skadu’s teen die muur” en “Sprokie vir ‘n stadskind.

Hy is op 14 Januarie 1984 oorlede.

Luister na Laurika Rauch se opname:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button