Editor's choiceEntertainmentLifestyle

Amanda Strydom kom Tzaneen se hartsnare roer

Die legendariese kabaretster en aktrise Amanda Strydom tree Vrydag op in Tzaneen.

Die Letaba tak van Business Networking International (BNI) bied op Vrydag,  14 September ‘n eenvrou musiekteaterstuk aan ten bate van die ‘Stop Trafficking’ diens organisasie.

Die doel van die organisasie is om sekswerkers te rehabiliteer, op te lei en weer terug te plaas in die normale werksverband en samelewing.

Corinnne Sandenbergh gaan ‘n kort voorlegging doen op die aand, en vertel van die wonderlike werk wat die organisasie elke dag in ons omgewing doen.

Die musiek teaterstuk ‘State of the Heart’, het reeds in 1994 uit die pen van Amanda Strydom gevloei wat aan haar drie toekennings besorg het nl. die DALRO prys, die Showtime prys vir beste kabaret, asook die Showtime ‘Show of the year’ toekenning.

Hierdie tydlose liefdesverhaal steek op ’n teer wyse die draak met ou Afrikaner tradisies en kyk na die geskiedenis van Suid Afrika van die twintiger tot sewentigerjare.

Vooroordele tussen mense word subtiel, skreeusnaaks en hartverskeurend bekyk.

Die wreedheid van oorlog, die passie van ’n hart wat bly glo dat ten spyte van teenslae die liefde sál seëvier, word in hierdie kabaret blootgelê.

Dit was ’n tyd toe vrouens hulle plek moes ken, mans het kruisbande gedra, Springboktabak gerook en Boeremeisies het net met Boerseuns getrou.

Dit was ook in hierdie tyd dat die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het. Wanneer die heldin van die verhaal, die Afrikaanse Maxie de Meyer, op ’n Engelse loods, Raymond G.Bartlett, verlief raak, spat die vonke behoorlik en ontvou daar ’n liefdesdrama in die tradisie van die ou Springbokradio vervolgverhale. Strydom bind die verhaal met liedjies in Afrikaans, Engels, Frans, Zoeloe, Duits en Nederlands.

Coenraad Rall neem die begeleiding op klaverbord waar.

Kaartjies vir hierdie spesiale geleentheid kan gekoop word teen R 395 elk, wat die vertoning insluit, ‘n driegang maaltyd asook ‘n bydrae lewer aan die diensorganisasie.

Bespreek vroegtydig aanlyn op die iinfo webblad, www.iinfo.co.za ( Quicket ) of kontak hulle vir meer inligting by events@iinfo.co.za.

Inligting vir besprekings Datum: 14 September 2018. Venue: Fairview Hotel, Tzaneen. Toegang : R 395 pp Begin tyd: 18:00 vir 18:30.

Bespreek aanlyn en bring u kaartjie saam www.iinfo. Amanda Strydom en Coenraad Rall. co.za (events bookings).

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button