Wat is die rol wat ons in die boelie se ‘toneelstuk’ speel?
Almal weet wat 'n boelie is; dit is mos daardie groot outjie wat ander rondstamp, slegte name noem en hul laat bewe net by die aanhoor van sy naam ... wel dis ongelukkig heelwat meer ingewikkeld as net dit! Afknouery (boelie) is 'n aaklige toneelstuk met verskeie karakters, storielyne, deelnemers en dan nog nie eens gepraat van wat "agter die skerms" gebeur nie.
Hoe weet ons as ouers wat ons rol in die toneelstuk is – is ons toeskouers, resensente of is dit tyd om werklik betrokke te raak?
Afknouery is wanneer gedrag doelbewus, herhaaldelik en voortdurend plaasvind.
Die boelie(s) pas doelbewuste magsmisbruik toe om hul slagoffers skade te berokken.
Let daarop dat daar geen voorgeskrewe draaiboek is vir hoe ‘n boelie lyk, optree, uit watter tipe huis hul kom, hoe hul presteer of selfs hoe sosiaal gewild hul is nie. Boelies kan as individue of binne groepskonteks funksioneer, en teiken gewoonlik ander wat weerloos, “anders” voorkom en selfs die wat uitblink/uitstaan. Watter tipe draaiboeke kry ons in die Afknouery Toneelstuk?:
1. Fisiese afknouery: Skop, slaan, stamp en stoot. 2.
Verbale afknouery: Name-noem, verkleineer en vloek.
3. Emosionele afknouery: Sosiale manipulasie, versprei gerugte en sabotasie.
4. Kuber-afknouery: Gebruik van sosiale media, rekenaarspeletjies en aanlynverspreiding van foto’s.
5.Seksuele afknouery: Seksuele wangedrag, verbale suggesties, krugedrag en pornografie.
6.Vooroordeel afknouery: Rassisme, teiken van minderheidsgroepe, kinders met spesiale behoeftes en geloofsvooroordele.
Hoe word die hoofkarakters geïdentifiseer? Volgens Dr.
Joel Harber, ‘n kenner van afknouery en skrywer van die boek Bullyproof your Child for Life, identifiseer hy die volgende moontlike kenmerke:
1. Eksklusiwiteit – sluit nie maklik almal in by hul vriendekring nie.
2. Aanhoudende slegte en onaanvaarbare gedrag ten spyte van dissiplinêre optrede.
3. Behep daarmee om gewild te wees/bly.
Lees ook: Baba gebore met ingewande buite
4. Vertoon onverdraagsaam en minagtend teenoor minderheidsgroepe.
5. Voortdurend spot en terg.
6. Geneig om aggressiewe videospeletjies te speel.
7. Kan doelbewus diere seermaak.
8. Baie fyn observeerder van ander se afknouery in hul onmiddellike omgewing (ouers, sibbes, familie en vriende).
En dan ‘n natuurlike kenmerk wat baie maklik misgekyk word, is swak emosionele intelligensie – sukkel om ander se seer, ongemak en hartseer raak te sien en daarmee te empatiseer of selfs te simpatiseer.
Dink nou jouself in as ouer in die volgende storielyn: Jy ontvang ‘n oproep van die skool wat jou inlig dat jou kind van afknouery aangekla is, en jul teenwoordigheid by die skool word versoek vir ‘n noodvergadering.
Ons eerste instink as ouer is om te beskerm en te verdedig – en ongelukkig is dit waar meeste ouers vashaak.
In stede daarvan om soos ‘n volstruis jou kop in die grond te druk of soos ‘n leeuwyfie op die aanval te wees – stop, haal diep asem en luister met ‘n ontvanklike gemoed na die onderwysers/ hoof of ouers, wat in meer volwasse hoedanigheid, die situasie kan verduidelik as wat jou eie kind sou.
In plaas daarvan om vas te haak by ontkenning en beskerming en bloot resensente te wil wees van dié toneelstuk – neem eerder die redigering oor, neem aksie om verbetering en voortbeweging te bevorder eerder as om te stagneer in die donkerte van dié situasie.
Onthou daar is verskeie redes hoekom kinders afknou.
Wees dus eerder oplossing-gerig as konflik-gerig.
Soos Rick Warren tereg sê: “Fix the problem not the blame.” Hoe kan jy as ouer die draaiboek verander?:
1. Spreek die boelie-gedrag onmiddellik aan!
2.Ondersoek moontlike oorsake.
3. Benadruk dat afknouery ‘n keuse is en dat hul verantwoordelik is vir hul gedrag.
4. Logiese gevolge – “punishment should fit the crime”. Bv. Indien hy of sy ‘n kuberafknouer is, ontneem alle tegnologiese toestelle.
5. Ontneem sekere voorregte.
6. Ondersteun die skool in hul dissiplinêre optrede, of versoek optrede indien die skool nie optree nie.
7. Aanleer van nuwe emosionele vaardighede. Hier speel professionele hulpverlening ‘n groot rol en kan baie doeltreffend wees.
8. Moenie die kind afkraak, verneder of afknou nie.
9. Volg gereeld op en maak seker dat die gedrag gestaak is. 10. Wees self ‘n voorbeeld! Afknouery is inderdaad ‘n komplekse



